Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

SUKSESVOLLE PSIGOSOSIALE ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Maart 2023.

Ontwerp om skooluitvalsyfers te verminder, ‘n ondersteuningsprogram wat hoërskoolleerders binne Loeriesfontein bygestaan het, het onlangs uitgebrei om bykomende grade sowel as die plaaslike laerskool in te sluit.

Hierdie driejaarprogram het in 2021 begin en bied suksesvol sielkundige, sosiale, emosionele en opvoedkundige ondersteuning aan Graad 12-leerders by Hoërskool Loeriesfontein en het nou uitgebrei om die hele skool (Graad 8 – 12) in te sluit, sowel as die plaaslike laerskool.

Beide die skool en die Departement van Onderwys in die Namakwa-distrik het die behoefte aan hierdie ondersteuning geïdentifiseer om opvoedkundige en sielkundige ondersteuning aan leerders, ouers en opvoeders te verskaf; asook ‘n veilige ruimte vir kwesbare meisies te skep; leerders se vaardighede en vermoëns te verhoog; geestesgesondheid en selfbeeld te verbeter; asook akademiese prestasie en emosionele intelligensie te verbeter.

Saam het Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg hul steun agter hierdie psigososiale ondersteuningsprogram, geïmplementeer deur Neuro-Link (‘n maatskappy wat spesialiseer in die neurowetenskap van leer en die optimalisering van werkplekprestasie) gesit.

Dienste wat as deel van die program gelewer word, sluit in berading, motivering, mentorskap en afrigting, sowel as onderwyserondersteuning; studievaardighede en tegnieke; kognitiewe breinprestasie; en beroepsvoorligting.