Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

STUDIEBEURSE AAN NOG DRIE STUDENTE VAN LOERIESFONTEIN

April 2022.

Drie studente van Loeriesfontein het studiebeurse ontvang wat hulle in staat sal stel om verder te studeer. Hulle vorm deel van ’n groep van altesaam 12 studente van Loeriesfontein wat tans befondsing as deel van die Khobab-windkragaanleg se studiebeursprogram ontvang. Die studiebeursprogram help lede van die gemeenskap en jongmense in besonder om verder te studeer en hul drome te verwesenlik.

Marileze Syster, een van die studente, is tans besig met ‘n diploma in bestuursbystand aan Boland Kollege in die Paarl. Maleting Hugo doen ’n sertifikaatkursus in maatskaplike werk aan Hugenote Kollege in Wellington, terwyl Jade Nel vir ’n diploma in diereproduksie aan die Internasionale Landbouakademie vir Afrika in Bloemfontein studeer.

Altesaam ses van die 12 studente wie se studies deur die Khobab-windkragaanleg befonds word sal vanjaar hul studies voltooi. Grantham Nel, ’n finalejaar onderwysstudent aan die Universiteit van Stellenbosch, sê: “Die beurs het my die geleentheid gegee om my drome te volg sonder om ’n finansiële las op my familie te plaas. Sodra ek my studies voltooi het wil ek graag begin om klas te gee by ’n skool. Ek wil graag ’n beduidende verskil in die lewens van kinders maak en die beste weergawe van myself wees.”