Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

SAMEWERKINGSGESONDHEIDSPROJEK

Februarie 2021.

’n Geslaagde gemeenskapsgesondheidsprojek in Loeriesfontein, wat uit ’n samewerkingsooreenkoms gebore is, help honderde gemeenskapslede met hulle tand- en oogheelkundebehoeftes. Die doel van die projek is om ’n gesonde leefstyl in die gemeenskap te bevorder en ’n bewustheid van COVID-19 te kweek.

“Hierdie projek, wat ons hoop om te herhaal, sluit in gesondheidsevaluerings met ’n fokus op basiese tandheelkundige en oogkundige dienste, asook ’n gesondheidsbewustheid, wat spesifiek op beskermingsmaatreëls gerig is en om die stigma rakende COVID-19 te hanteer,” verduidelik Vanessa Fredericks, die ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir die Khobab- en die Loeriesfontein-windplaas.

Die samewerking tussen die twee windplase en Innovo Mobile Healthcare het sorg verskaf aan ’n totaal van 414 pasiënte wat oor ’n tydperk van tien dae deur ’n sifting gegaan het. Die tande van 128 gemeenskapspasiënte is getrek of hulle het verwysings vir uitvoerige tandheelkundige prosedures ontvang. Meer as 130 pasiënte het ’n bril ontvang, benewens die 135 pasiënte wat na ’n oftalmoloog verwys is. Medikasie om verskillende siektes te behandel, is ook aan pasiënte uitgereik.

In ooreenstemming met die Khobab- en die Loeriesfontein-windplaas se etos om plaaslike werkverskaffing te stimuleer, is twee gemeenskapslede aangestel en opgelei om met die implementering van die projek te help, en om seker te maak dat daar aan die nodige data-insamelings- en COVID-19-protokolle voldoen word.

Tandheelkundige dienste in Loeriesfontein is beperk, met ’n gemeenskapsgesondheidstandarts wat net een keer per maand ’n besoek aflê, en hierdie tydperk kan soms na twee maande verleng word. Gemeenskapslede moet meer as 100 km van Loeriesfontein af reis om die naaste mediese dienste te bereik.