Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

PLAASLIKE HUB HELP GEMEENSKAPSLEDE

Mei 2023.

Om die behoeftes van die Loeriesfontein-gemeenskap aan te spreek, het die Loeriesfontein-Hub sy deure vir SASSA oopgemaak, wat hulle in staat gestel het om binne vyf dae bystand aan meer as 500 gemeenskapslede te bied. As gevolg van hierdie bystand het die Hub ‘n besige en produktiewe ruimte vir die gemeenskap geword wat ‘n waardevolle diens aan inwoners lewer ten spyte van kragonderbrekings.

Sektordepartemente het voorheen gemeenskapslede by die sportsaal bygestaan tydens hul besoeke aan Loeriesfontein. Weens gereelde kragonderbrekings en swak seinbeskikbaarheid het dit egter meer uitdagend geword om voldoende dienste aan die gemeenskap te bied.

“Ons is verheug om die positiewe impak te sien wat die Loeriesfontein-Hub in die gemeenskap het. Gemeenskapslede kon hulp ontvang sonder kommer vir kragonderbrekings wat voorheen hul vermoë om bystand van staatsdepartemente te ontvang belemmer,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuuder vir Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte, wat die Hub finansier, gesê.

Hierdie ondersteuning was in reaksie op die inisiatief van twee verkose gemeenskapsleiers, Johanna Koose en Kevin Theys.