Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

OPHEFFING VAN DIE GEMEENSKAP DEUR MIDDEL VAN SPORT

Januarie 2020

Soos wat die geval is in ander gemeenskappe in Suid-Afrika, steel sport ook die kollig in Loeriesfontein. Dit bring mense nader aan mekaar en is verweef met die siel van die gemeenskap. Dit is met hierdie wete wat die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab die opknapping en opgradering van die munisipale sport- en ontspanningsfasiliteite in Loeriesfontein befonds het.

“Sport is ’n belangrike aspek in enige gemeenskap. Dit bring nie net die deelneemers saam nie, maar ook hul familie, die breër gemeenskap en plaaslike skole. Navorsing toon ook dat sport talle maatskaplike voordele het,” sê Vanessa Fredericks, bestuurder van ekonomiese ontwikkeling.

Buiten elektriese ograderings by die sportveld en sportsaal is die fasiliteite nou ook met toerusting vir rugby en sokker toegerus. Nuwe spreiligte sal dit moontlik maak vir byeenkomste om tot in die aande te duur. Daar is ook ’n nuwe pompstasie en palisadeheining. Natuurlike gras is geplant en daar is nou ‘n besproeiingstelsel wat van herwinde water gebruik maak.

Raadslid Jacques Klaaste meen dit maak ’n verskil in die gemeenskap van Loeriesfontein. Hy sê: “As gemeenskap is ons baie bly vir die grasoppervlakte by ons sportgronde. Dit sal verseker dat ons meer sportgeleenthede kan aanbied veral met betrekking tot skolesport. Dit sal ook n positiewe bydrae lewer om veral ons jeug en werklose jeugdiges te motiveer om meer betrokke te raak by sport aktiwiteite”.

“Ons hoop om meer skoolkinders en jeugdiges by sportbyeenkomste in die gemeenskap te betrek, sodat die jonger generasie kan grootword met die voordele wat sport bied,” sê Fredericks.