NUWE WETENSKAP LABORATORIUM VIR ’n PLAASLIKE PRIMERE SKOOL |
Junie 2022.
‘n Nuut toegeruste wetenskaplike laboratorium verryk die leer ervaring van Loeriesfontein Primêre Skool leerders in grade 4 tot 7. As deel van die doelwit om STEM onderrig (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde) verder te ondersteun en te ontwikkel, het Loeriesfontein-windkragaanleg fondse voorsien om die laboratorium ervaring asook die leer van weteskaplike inhoud te verbeter.
“Deur die ondersteuning hoop ons om leerlinge se belangstelling in wetenskap, in die vroeë stadiums van hul onderrig, aan te moedig. Die laboratorium gereedskap sal die wetenskap lesse verryk deur die waardevolle vaardighede van elke leerling te ontwikkel asook hulle beter voor te berei vir toekomstige geleenthede as die volgende generasie ingenieurs, mediese beroepslui, en wetenskaplikes,” verduidelik Venessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelings Bestuurder vir Loeriesfontein-windkragaanleg.
Die ondersteuning bevoordeel 198 leerlinge en sluit in twee onderwyser-navorsingsstelle, asook tien tegnologiestelle. Hierdie gereedskap sal die leerders die geleentheid bied om eerstehandse leer ervaring op te bou deur om verskuie eksperimente op hul eie uit te voer.
Skoolhoof van Loeriesfontein Primere sê, “Met die hulp wat die windkrag-aanleg bied, is leerlinge meer gemotiveerd in die Natuur Wetenskap klasse, omdat hulle nou meer praktiese eksperimente kan uitvoer wat beteken hulle kan die leer material beter verstaan.”