MEER AS 70 LOERIESFONTEINSE INWONERS ONTVANG ONDERSTEUNING |
September 2024.
Loeriesfontein-inwoner en gemeenskapsleier, Daryl Ryck, het ‘n nie-winsgewende organisasie, Elderly Development Services, gestig waardeur hy beplan om ‘n beduidende en blywende impak te maak. Die maatskappy is ‘n jaar gelede gestig en het onlangs maaltye aan individue verskaf en noodsaaklike ondersteuning aan behoeftiges gebied.
“As vandag se jeug vergeet ons soms waar ons vandaan kom. Ek het my organisasie as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer omdat ek diegene in ons gemeenskap wil ondersteun wat nie in staat is om hulself te help nie en met moeilike omstandighede sukkel,” het Daryl gesê.
Die organisasie se pogings is moontlik gemaak met finansiële ondersteuning van die Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanlegte, wat maaltye verskaf het aan meer as 70 individue in die gemeenskap, insluitend bejaardes, mense met gestremdhede en kinders.
“Sonder die finansiering sou hierdie projek nooit posgevat het nie. Daarom beskou ek dit as ‘n voorreg om in Loeriesfontein te wees solank die windkragaanlegte aktief is. Ons is dankbaar dat ons met die windkragaanlegte saamgewerk het om ‘n beter toekoms te help verseker vir almal. Saam het ons die geleentheid om ‘n baie groter impak op ons gemeenskap te maak,” het Daryl bygevoeg.
Ten spyte van die naam wat ‘n primêre fokus op bejaardes aandui, strek die organisasie se missie na almal in nood, wat ‘n breë verbintenis tot gemeenskapswelsyn toon. Dit is deel van die organisasie se voortdurende pogings om eenheid en sorg binne Loeriesfontein te bevorder.
“Elderly Development Services doen uitsonderlike werk in Loeriesfontein, en ons is trots om hul inisiatiewe te ondersteun. Hul verbintenis om die mees kwesbare lede van die gemeenskap te dien strook perfek met ons waardes, en ons sien uit daarna om ons vennootskap voort te sit om positiewe verandering te skep, ” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein- en Khobab-windkragaanelgte gesê.
Die geleentheid het ook verskeie aktiwiteite vir kinders aangebied, insluitend prettige speletjies en ‘n springkasteel, wat die gevoel van gemeenskap en ondersteuning versterk het.