Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

LOERIESFONTEIN MIKRO-ONDERNEMINGS BEFONDS

Maart 2021.

Altesaam dertien mirko-ondernemings en sosiale entiteite ontvang befondsing sodat hulle hul doelwitte, soos uiteengesit in hul befondsingsaansoeke, kan bereik. Die besluit om by die befondsing van hierdie mikro-ondernemings betrokke te raak volg nadat ons met die gemeenskap in gesprek getree het.

Een van die mikro-ondernemings wat befondsing ontvang, Hantam Chicks, het planne om ’n volhoubare pluimveeprodusent te word wat bykomende werksgleenthede in Loeriesfontein sal kan skep. “Met die befondsing en die ondersteuning wat ons ontvang het, mik ons om ’n volhoubare boerdery en suksesvolle onderneming te vestig. Ons wil ook werksgeleenthede vir die plaaslike gemeenskap skep,” verduidelik Sergio van Rooyen, eienaar van Hantam Chicks.

Die #ChangeMaker-projek, wat deur windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab se ekonomiese ontwikkelingsprogram befonds word, werk saam met gemeenskapsaktiviste om die lewens van hul mede-inwoners te verbeter en om ’n positiewe verskil te maak.

Suksesvolle aansoekers onvtang verpligte sake-opleiding wat op finansië- en sakebestuur gemik is.

“Die benadering van bategebaserde gemeenskapsontwikkeling gaan oor gemeenskappe wat self hul eie ontwikkeling dryf. Ons rol is om die gemeenskap te help om hul doelwitte te bereik en volhoubare ontwikkeling te weeg te bring,” verduidelik Vanessa Fredericks, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder by die Khobab- en Loeriesfontein-windkragaanleg.

Die volgende ondernemings ontvang befondsing: Khobab Wood Processors; Mr Phila, The Wood packer; SB se Snytjie; Royalty Photography; Ramblers Rugby Klub; Kellerman Catering Enterprise; Chef Yvette Catering en Evolve Gymnasium.