LOERIESFONTEIN EN DIE KHOBAB RENEWABLE ENERGY COMMUNITY TRUST – COMMUNITY TRUSTEE’ NOMINASIES |
Loeriesfontein Renewable Energy Community Trust en die Khobab Renewable Energy Community Trust, besit elkeen 5% aandele in die onderskeie maatskappye. Die fasiliteite van die maatskappye is geleë in die Hantam Munisipale Aria, 60 km noord vanaf Loeriesfontein in die Noord Kaap. Die Loeriesfontein en Khobab Trusts was gestig vir breë-basis sosio-ekonomiese ontwikkeling. Die Trusts hoop om ontwikkeling aan te moedig in die volgende arias, (1) gemeenskap opleiding, (2) gesondheid, (3) landbou, (4) sport en kultuur, (5) sosiale welstand.
Die Trusts beoog om ʼn gemeenskap trustee aan te stel soos uitgelê in die Trustakte. Tans, sal die trust slegs nominasies aanvaar van Loeriesfontein inwoners.
Geskikte kandidate moet voldoen aan die volgende vereistes:
1. Sterk kommunikasievaardighede; 2. Hoë etiese standaarde en integriteit; 3. Leierskap- en bestuursvaardighede; 4. In ‘n goeie posisie in hul professionele velde en in die gemeenskap; 5. Breë perspektief van die ontwikkelingsveld van die gemeenskap; 6. Sterk netwerke hê in diverse sektore van die gemeenskap; 7. Gedemonstreerde rekord van leierskap in die gemeenskap; 8. Inwoner binne ‘n radius van 50 km vanaf die Sonenergie-fasiliteit wees; 9. Toegewyd wees om ‘n aansienlike hoeveelheid tyd aan die bestuur van die Trust by te dra; 10. Vroulike kandidate word aangemoedig om vir bestuur diversiteit aansoek te doen.
HOE NOMINEER EK IEMAND IN MY GEMEENSKAP
STAP 1:
Verkry ‘n nominasievorm vanaf die THUSONG CENTRE (HUB) of een kan aangevra word by TF_info@knowledgepele.com
STAP 2:
Voltooi die nominasie vorm, (met die hand of elektronies).
STAP 3:
Heg die ondersteunende dokumente van die genomineerde aan (gedetailleerde CV, ID-kopie, en ‘n gesertifiseerde kopie van kwalifikasies wat nie ouer as 3 maande is nie).
STAP 4:
Dien asseblief die nominasievorm en die ondersteunende dokumente van die genomineerde in by TF_info@knowledgepele.com.
Vir verdere navrae, kontak asseblief die Trust-Administrateur deur TF_info@knowledgepele.com OF 011 262 0515
SLUITINGS DATUM: 17 MAART 2025
Slegs kandidate wat op die kortlys geplaas is, sal gekontak word vir onderhoude. Die uiteindelike besluit oor die aanstelling van die Gemeenskap Trustee sal deur die Raad van Trustees gemaak word.