Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

KOSPAKKIES AAN BEJAARDE INWONERS AFGELEWER

Augustus 2023.

In reaksie op die behoeftes van die bejaarde inwoners in Loeriesfontein, is 500 kospakkies afgelewer, met ‘n verdere 1000 pakkies wat oor die volgende vier maande geskenk word, as deel van ‘n projek wat daarop gemik is om noodsaaklike bystand aan die bejaarde bevolking binne hierdie klein dorpie te verleen.

Geïnisieer deur nuutverkose gemeenskapsleiers, Kevin Pieter en Johanna Koose, met ondersteuning van Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte, is hierdie inisiatief ontwerp om die gesondheid en welstand van die bejaarde inwoners te verbeter, armoede aan te spreek en morele ondersteuning te bied aan gemeenskapslede in nood.

“Ons is verheug dat die windplase saam met Johanna en myself gewerk het om ‘n korttermyn oplossing te vind. Hierdie kospakkies is nie bedoel om permanent te wees nie, net ‘n tydelike maatreël. Ons werk saam met die windplase om hierdie kospakkies te voorsien aan seniors van 65 en ouer, vir ses maande. Gegewe die hoë werkloosheidsyfer in Loeriesfontein, is dit duidelik dat daar ‘n werklike behoefte aan hierdie kospakkies is,” het Kevin gesê.

Deur aansoek te doen vir die ABCD (Asset-Based Community Development) befondsing, kon Kevin en Johanna die nodige hulpbronne vir hul saak bymekaar maak. Die eerste fase van hierdie inisiatief is reeds suksesvol afgehandel, met ‘n verspreidingsgeleentheid wat in Junie 2023 by die Loeriesfontein Besigheidsentrum gehou is. Gedurende hierdie fase is 250 kospakkies uitgedeel, aangepas om in die spesifieke behoeftes van die bejaarde gemeenskapslede te voorsien.

Na die sukses van die eerste fase, het die tweede fase verlede maand (Julie 2023), by die Loeriesfontein Sportsaal plaasgevind, waar ‘n bykomende 250 kospakkies aan die bejaarde ontvangers oorhandig is. Die geleentheid was getuie van die teenwoordigheid van verskeie belanghebbendes wat genooi was om die impak van hul vrygewigheid eerstehands te aanskou.