KLEIN BESIGHEID DATA-ANALITIKA LEI TOT BESIGHEIDSGROEI |
Loeriesfontein Data Collection Specialists (LDCS) is verlede jaar gestig deur jong vooruitdenkende plaaslike entrepreneurs wat floreer met die ontleding van data om geleenthede vir groei en ontwikkeling te skep, en is ‘n wonderlike voorbeeld van ‘n florerende mikro-entiteit in hierdie klein plattelandse dorpie.
Hierdie maatskappy wat 100% in swart besit is vaar merkwaardig goed om homself te vestig is die eerste toonaangewende datavasleggingsmaatskappy in Loeriesfontein. As ‘n datakonsultasie-agentskap verskaf die maatskappy datavaslegging, verslagdoening, asook monitering en evalueringsdienste wat die windplase help om die impak van gemeenskapsprojekte vir beide die gemeenskap en die maatskappy te meet.
Die vyf jeugdiges het die geleentheid gekry om deel te neem aan ‘n monitering-, evaluerings- en verslagdoeningsprogram (ME&R) wat deur Khobab en Loeriesfontein-windkragaanleg befonds is, wat gelei het tot ‘n vlaag van betrokkenheidsgeleenthede. Tot dusver het die maatskappy datavaslegging voltooi vir verskeie plaaslike projekte, wat ook deur die windplase befonds is. Dit sluit verskeie gemeenskapsvoordeelprogramme in, naamlik WordWorks, Isibindi, Loeries Logistics en Khobab-houtverwerkers.
“Die opleiding het die span toegerus met die nodige vaardighede om ‘n KMMO volhoubaar te bestuur met ambisies om hul horisonne buite die omtrek van die dorp se nabyheid uit te brei. LDCS ondersteun verandering en waardeer elke geleentheid wat aan Loeriesfontein se jeug en gemeenskap beskikbaar gestel word,” het Francisco Domingues, bedryfshoof van AFSD, afgesluit.