Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

KINDERDAG-PARTYTJIE VIR DIE KINDERS VAN LOERIESFONTEIN

Desember 2018

Kersfees het vanjaar vroeg gekom in Loeriesfontein! Die Loeriesfontein-windkragaanleg het gelyktydig Kerspartytjie gehou, sowel as sy eerste bestaansjaar en Universele Kinderdag gevier met ’n kinderpartytjie vir meer as 400 kinders van twee vroeë kinderontwikkelingsentrums (Loerievinkie Creché en Skilpaaitjielaan Dagsorgsentrum) en Laerskool Loeriesfontein.

“Universele Kinderdag het ten doel om die regte van kinders te bevorder en te beveilig en om die kind as ’n aktiewe deelnemer in hul eie lewens en die gemeenskap te erken. Kinders is aktiewe landsburgers wat in staat is om betekenisvolle bydraes te lewer ten opsigte van hul eie besluitneming,” verduidelik Vanessa Fredericks, die bestuurder van ekonomiese ontwikkeling by die Loeriesfontein-windkragaanleg en Khobab-windkragaanleg.

Die Kerspartytjie het verskeie aktiwiteite ingesluit. Kinders se gesigte is geverf en daar is met deeg gespeel. Daar was ook ’n reuse steen, papier, skêr speletjie, ’n springmieliemasjien, borrelmasjien en springkastele.

“Die dag is op ’n hoë noot afgesluit toe Kersvader ’n draai gemaak en Kersgeskenke aan die kinders uitgedeel het,” vertel Fredericks.

Die feestelikhede is voorgesit met ’n danspartytjie op Saterdagaand vir leerlinge van Hoërskool Loeriesfontein. DJ Lorenzo, ’n plaaslike platejoggie van Loeriesfontein, het vir die vermaak gesorg.