Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

KAPASITEITSBOUING

Augustus 2020.

Opleiding vir twee plaaslike konstruksiemaatskappye en elektrisiëns word deur die windkragaanlegte van Khobab en Loeriesfontein se ontwikkelingsprogram befonds. Dit sal help om kapasiteit te bou en produktiwiteit te verbeter.

Die klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s), is besig om ’n voormalige motorhuis in ‘n sakesentrum vir Loeriesfontein te omskep. Hulle het gevra vir opleiding vir hul plaaslike arbeidsmag. Die span bestaan uit 23 mense. Die opleiding was omvattend en het spesiale vaardigede om op hoogte te werk, sowel as opleiding om veiligheidsrisiko’s te verminder ingesluit. Verskeie veiligheidsspesialiste het op die perseel opleidings en mentorskap aan die arbeidsmag gebied. Opleiding ten opsigte van die Master Builders South Africa (MBSA) se handleiding vir kleinbouers sal oor die volgende vier maande aan die arbeidsmag gebied word.

Een van die kontrakteurs, Elton Januarie, eienaar van Essay General Traders, sê: ‘Na die opleiding het die produksie baie vinniger verloop, aangesien die meeste van die werkers nog nooit met hierdie soort steierwerk gewerk het nie. Dit het gehelp dat ons die steierwerk vinniger kon oprig. ”

Patrick Souw, veiligheidsbeampte van Essay General Traders & Elysium Projects JV, verduidelik: ”Aan die begin het ons met die oprigting van die steierwerk gesukkel. Die opleidingsfasiliteerder het ons gehelp en saam met ons gewerk. Danksy die praktiese opleiding het ek nou die vaardighede om die steierwerk op ‘n baie veiliger manier vir my en my kollegas op te rig. ”

Hierdie ondersteuning vorm deel van ons ondernemingsontwikkelingsprogram en help om kapasiteit deur vaardigheidsopleiding te bou, sowel as om die kapasiteit van kleinsakeondernemings in die gemeenskap van Loeriesfontein te bevorder.

“Die ondersteuning en ontwikkeling van kleinsakeondernemings vorm die kern van ons ontwikkelingsetos, aangesien dit plaaslike indiensneming en ekonomiese groei bevorder,” sê Vanessa Fredericks, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder van die windkragaanlegte van Loeriesfontein- en Khobab.