Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

JONG PLAASLIKES BESORG WERKS ERVARING

November 2022.

Mirko Klassen is een van drie jong leerlinge wat praktiese werkservaring by Loeriesfontein se plaaslike windplase opdoen deur ‘n ingenieursdiensmaatskappy, Obelisk. Dit volg op die suksesvolle voltooiing van die Global Wind Organisation-opleidingsprogram, wat ontwerp is om tekorte aan hernubare energievaardighede onder gemeenskapslede aan te spreek, asook indirek die hoë werkloosheidsyfers aan te spreek.

“My opleidingservaring was baie belowend, en dit was ‘n goeie inleiding tot die hernubare energiesektor. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om iets te doen wat ek nog nooit tevore gedoen het nie en ek sien uit daarna om ‘n loopbaan in hierdie veld te volg,” verduidelik Klassen.

Die opleidingsprogram, wat onder die beheer van die Suid-African Renewable Energy Technology Centre (SARETEC) geïmplementeer is en deur Loeriesfontein en Khobab – windkragaanleg befonds word, het deel gevorm van ‘n Windturbinediensopleidingsinisiatief, wat vaardigheidsontwikkeling en werkstoegang in die windenergiesektor prioritiseer vir die plaaslike jeug.

“Ons doel met hierdie program is om gemeenskapslede op te gradeer sodat hulle in staat sal wees om turbines by ons twee Loeriesfontein-windkragaanleg, sowel as ander in die Noord-Kaap distrik en eintlik regoor die land in stand te hou,” verduidelik Vanessa Fredericks, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir Khobab- en Loeriesfontein-windkragaanleg.