Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

GROENTETUIN LOODS PROJEK

Khobab- en Loeriesfontein Windplase nooi 15 belangstellendes uit om deel te wees van ’n Groentetuin Loods Projek!

Die windplase is toegewyd aan die bevordering van volhoubare ontwikkeling in die Loeriesfontein-area. As deel van hierdie inisiatief, nooi ons belangstellendes
uit, om aan te sluit by ‘n 8-dae entrepreneurskapsvaardighede werkswinkel wat ontwerp is om u met waardevolle hulpbronne en vaardighede te bemagtig.

Hierdie inisiatief het ten doel om voedselversekerheid te bevorder, die implementering van meer volhoubare praktyke aan te moedig en die ekonomiese groei binne die plaaslike gemeenskap te stimuleer.

Vereistes

Begunstigdes wat:

  • Belangstelling in groentetuine toon (geen vaardighede of ervaring word benodig nie).
  • ‘n Bestaande of ‘n nuwe groentetuin het, maar benodig opleiding.
  • Grond of ruimte het vir verbouing.
  • Toegang het tot water vir besproeiing.
  • ‘n Goeie rede het om aan die Groentetuin Loods Projek te wil deelneem.

Verwagtinge van begunstigdes:

  • Kry waardevolle insigte: Ontvang 3 maande (5 dae per maand) mentorskap en ondersteuning om gevestigde groentetuine te onderhou.
  • Neem deel aan gesprekke en bou netwerke.
  • Alle opgeleide begunstigdes sal na voltooiing van die program ‘n Sertifikaat van Bevoegdheid, sowel as tuintoerusting en insette (saailinge/kunsmis) ontvang.
  • Om aan die werkswinkel deel te neem, word voorafregistrasie vereis.
  • Registrasievorms kan by die Loeriesfontein Thusong Sentrum/Loeriesfontein Hub verkry word.

Vroegtydige aansoekers sal voorkeur geniet.

Sluitingsdatum: 27 Junie 2024
Pamela Matyeka: Pamela.Matyeka@mainstreamrp.com | 083 886 9197

Lees meer