Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

GESONDHEIDSORGFASILITEIT VERBETER MET VLOEROPGRADERING

April 2025.

Toegang tot skoon, veilige gesondheidsorgfasiliteite is noodsaaklik vir gemeenskapswelstand. Om higiëne en infeksiebeheer te verbeter, het die Loeriesfontein Gemeenskapsgesondheidsentrum (Loeriesfontein CHC) sy ou matte met duursame, hipo-allergene teëls vervang, wat ‘n skoner en gesonder omgewing skep.

“Die gesondheidsorgpersoneel is baie tevrede met die nuwe vloer, wat hul werk baie makliker maak. Dit lyk nie net netjies en professioneel nie, maar is ook moeiteloos om skoon te maak. Boonop help dit om infeksies te verminder en maak dit voorsiening vir beter infeksiebeheer,” sê Anna Opperman, operasionele bestuurder by die Loeriesfontein Gemeenskapsgesondheidsentrum.

Befonds deur Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte, in reaksie op ‘n skenking versoek van Loeriesfontein CHC, die opgradering was uitgevoer deur ‘n plaaslike klein besigheid wat spesialiseer in herstelwerk en instandhouding.

“Hierdie inisiatief het gedien om gemeenskapswelstand te verbeter terwyl plaaslike besighede ondersteun word. Dit spreek praktiese behoeftes aan en verhoog inwoners se lewenskwaliteit, wat ‘n verbintenis tot volhoubare gemeenskapsbelegging toon,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein en Khobab-windkragaanlegte gesê.

Die nuwe teëlvloer verbeter higiëne, versnel skoonmaak en help om plae te verminder. Die duursaamheid daarvan verseker ‘n netjiese, gemeenskapsvriendelike ruimte vir die lang termyn.