Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

GEMEENSKAPSLEDE AANGEMOEDIG OM PINKDRIVE TE BESOEK

Augustus 2022.

Ter erkenning van Kankerbewusmakingsmaand, sal ‘n tweedaagse gesondheidsaksie gefokus op sifting, vroeë opsporing en gesondheidsopvoeding vir Loeriesfontein gemeenskapslede plaasvind, op 5 en 6 September 2022.

Gefinansier deur Khobab-windkragaanleg en Loeriesfontein-windkragaanleg, in samewerking met PinkDrive en die Departement van Gesondheid, sal ‘n volledige reeks vroeë opsporing en voorkomende gesondheidsiftingdienste aan die gemeenskap gebied word.

Die dienste sluit in 50 mammogramme vir vroue ouer as 40; 100 papsmere vir vroue van alle ouderdomme wat seksueel aktief is; 120 prostaatspesifieke antigeen (PSA) toetse vir prostaatkanker vir mans ouer as 40; en onderwys oor bors-, servikale, prostaat- en testikulêre kankers.

Gemeenskapslede word aangemoedig om die PinkDrive te besoek, aangesien vroeë opsporing en siftingstoetse moontlik ‘n lewe kan red.

“Dit is veral belangrik dat mans in die gemeenskap deelneem aan die PSA-siftingstoetse, wat ‘n belangrike deel is van die vroeë opsporing van prostaatkanker,” het Vanessa Fredericks, Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Khobab- en Loeriesfontein-windkragaanleg gesê.