Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

COVID-TOERUSTING VIR HANTAM-OMGEWING

November 2020.

Die windkragaanlegte van Loeriesfontein en Khobab het hul gesondheidsprogram uitgebrei en bied nou ook bykomende ondersteuning aan ’n paar gesondheidsfasiliteite in die Hantam-munisipaliteit. Dit sluit die Loeriesfontein-kliniek, Loeriesfontein-hospitaal (Loeriesfontein CHC), Abraham Esau-hospitaal in Calvinia en die Namakwa-rampbestuurskomitee in.

Buiten die persoonlike beskermende toerusting wat reeds deur die windkragaanlegte befonds is, is suurstofmasjiene ook aangeskaf. Dié hoëvloei-nasale-suurstofmasjiene word deur gesondheidsorgpraktisyns aanbeveel vir die behandeling van gehospitaliseerde COVID-pasiënte. Dit bied nie-indringende suurstofterapie en is veel beter as meganiese ventilasie. Deurlopende-positiewe-lugwegdrukmasjiene (“continuous positive pressure”) is ook verskaf.

“Mediese kenners in Suid-Afrika en regoor die wêreld sien positiewe resultate met die gebruik van dié hoëvloei-nasale-suurstofmasjiene en nie-indringende suurstofterapie in plaas van meganiese ventilasie. Pasiënte spandeer danksy die behandeling wat gebied kan word korter tydperke in die hospitaal en dit verlig ook druk op gesondheidsdienste wat reeds hul hande vol het,” verduidelik Vanessa Fredericks, bestuurder vir ekonomiese ontwikkeling by die windkragaanlegte van Khobab en Loeriesfontein.