Contact us
MENU

61

Turbines installed and connected to the grid

152m

Height of wind turbines

Dec 2017

construction completed

161 300

homes powered
Wind Turbine Facts
FAQs

PLAASLIKE ENTREPRENEURS WORD BEMAGTIG DEUR KMMO-PROGRAM

Junie 2024.

Sedert sy ontstaan vyf jaar gelede het ‘n onder-na-bo-gemeenskapsbenadering gebaseer op die filosofie van die bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling (ABCD)-program, talle plaaslike entrepreneurs ondersteun, insluitend Romenda Wessels van Loeriesfontein, die eienaar van RJ Cleaning Maids. Hierdie program het hierdie maatskappy sovel as ander maatskappye bystand verskaf om uit te brei, volhoubaarheid te verbeter en werksgeleenthede in die gebied te verskaf.

“Die doel van die program is om die ondersteuning wat aan plaaslike entrepreneurs verskaf word te verbeter, en terselfdertyd te verseker dat sake-eienaars hul besigheidsbeplanningsvermoëns en rekorhouding verbeter, die bewustheid van hul finansiële status en besigheidsontwikkeling versterk, asook deur verhoogde volhoubaarheid, bevordering van toeganklikheid tot werksgeleenthede vir die breër gemeenskap moontlik maak,” het Vanessa Fredericks se Ekonomiese Ontwikkelingsbestuurder vir Loeriesfontein- Khobab-Windkragaanlegte, befondsers van hierdie program, verduidelik.

Met ’n fokus op voertuigskoonmaak, het RJ Cleaning Maids befondsing ontvang om noodsaaklike toerusting aan te koop, insluitend waterpompe, drukwassers, nat en droë stofsuiers, asook ander noodsaaklike toerusting en materiaal. Met die byvoeging van waterpompe en watertenks kon die maatskappy sy bedryfsdoeltreffendheid en diensgehalte verhoog wat dit meer omgewingsvriendelik maak in terme van verantwoordelike watergebruik.

Dit het ook verseker dat die maatskappy werk met groot maatskappye soos Siemens Gamesa en Loeriesfontein & Khobab-Windkragaanlegte saam met ander gerespekteerde kontrakteurs of gemeenskapslede in die area.

“Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning en geleenthede wat die Khobab- en Loeriesfontein-Windkragaanlegte deur hul ABCD-toekenningsfonds bied. In 2023 was hierdie inisiatief instrumenteel om ons te help om noodsaaklike karwastoerusting te bekom wat ons diensvermoë aansienlik verbeter het. Ons sien daarna uit om hierdie vrugbare verhouding met die windkragaanlegte voort te sit en om positief by te dra tot ons gemeenskap se ekonomiese groei,” het Romenda Wessels, Direkteur van RJ Cleaning Maids, gesê.